Description
Hierdie kursus is veral geskik vir studente met ’n besige program wat nie noodwendig weeklikse kontaklesse kan bywoon nie, maar wat genoeg dissipline en motivering het om gereeld en selfstandig te werk. Die aanlyn formaat bied buigsaamheid sonder om in te boet op gestruktureerde leiding, persoonlike terugvoer en deeglike voorbereiding vir die UNISA-eksamen.
Die UNISA Graad 4 Musiekteorie-aanlynkursus is sorgvuldig saamgestel om studente stap vir stap deur die sillabus te neem en ’n stewige grondslag in musiekteorie te vestig. Die fokus val op duidelike verduidelikings, volgehoue oefening en die ontwikkeling van selfvertroue in eksamengerigte werk.
Die kursus bestaan uit 26 vooraf-opgeneemde video-lesse wat weekliks beskikbaar gestel word. Elke les sluit aan by die UNISA Graad 4 sillabus en is gestruktureer om begrip geleidelik te verdiep. Studente kan die lesse in hul eie tyd volg en weer hersien waar nodig—’n groot voordeel vir selfstandige leer.
Alle huiswerk-materiaal is ingesluit, en alle huiswerk word op ’n weeklikse basis gemerk. Gereelde nasien en persoonlike terugvoer help studente om foute vroeg te identifiseer, begrip te verbeter en konsekwent vordering te maak.
Die kursus sluit verder vier aanlyn lesse van 30 minute elk in, waartydens werk bespreek word en moeiliker konsepte verder verduidelik word. Hierdie sessies bied waardevolle geleenthede vir interaksie, vrae en verdieping van kennis.
As deel van die eksamenvoorbereiding word vier vraestelle gemerk. Let asseblief daarop dat die aankoop van vraestelle nie by die kursusmateriaal ingesluit is nie. Die nasien van hierdie vraestelle help studente om hul gereedheid vir die eksamen realisties te evalueer en om eksamentegniek te verbeter.
As geakkrediteerde UNISA-onderwyseres kan ek studente namens my vir die UNISA-eksamen inskryf. Die eksamenfooie is nie by die kursusfooi ingesluit nie en is apart betaalbaar.
Fooie en Betaling
Die kursusfooi beloop R4 200 eenmalig, of drie paaiemente van R1 550, betaalbaar by Les 1, Les 8 en Les 16.
Ekstra Opsies
Ekstra persoonlike aanlyn-lesse kan bygeboek word teen R210 per les, vir studente wat addisionele ondersteuning of verdieping verlang.
Reviews
There are no reviews yet.