Kursusinhoud
• 16 vooraf-opgeneerde video-lesse wat weekliks beskikbaar gestel word
• Sistematies gestruktureer om jou kennis van kadense op te skerp en vaardigheid te ontwikkel
• Fokus op praktyk, herkenning en analise van kadense en ander akkoorde in musiek
Ingesluit by die kursus
• Alle huiswerk-materiaal
• Nasien van alle huiswerk op ’n weeklikse basis
• 2 aanlyn lesse van 30 minute elk vir verduideliking en interaktiewe bespreking
Resultaat
• Na afloop van die kursus sal studente ’n sterk praktiese en teoretiese begrip van kadense hê en dit selfvertrou in toepassing kan gebruik
Teikengroep
• Vir enigiemand wat lanklaas met kadense gewerk het en dit weer wil opskerp
• Ideaal vir skoliere, matriekstudente, orreliste of musikante wat hul harmonie- en koraalvaardighede wil versterk
Fooie en betaling
• R2 220 eenmalig
Ekstra opsie
• Persoonlike aanlyn-lesse kan bygeboek word teen R210 per les vir addisionele ondersteuning en verdieping